Olimpiese Winterspele 2026

Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
XXVe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 2026

Gehou in Milaan en Cortina d'Ampezzo, Italië
Deelnemende lande
Deelnemende atlete
Items
Openingseremonie 6 Februarie 2026
Sluitingseremonie 22 Februarie 2026
Amptelik geopen deur President van Italië (verwag)
Atlete-eed
Beampte-eed
Olimpiese vlam
Vorige Spele 2022: Beijing (China)
Volgende Spele 2030: Franse Alpe en Nice (Frankryk)

Die Olimpiese Winterspele 2026 (Italiaans: XXV Giochi olimpici invernali), amptelik bekend as die XXVste Olimpiese Winterspele, sal tussen 6 en 22 Februarie 2026 in Milaan en Cortina d'Ampezzo, Italië, aangebied word.[1][2]

Olimpiese medaljes sal op die Piazza del Duomo van Milaan oorhandig word
Kaart van deelnemende nasies in 2026:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

   Neem nie deel nie

     Gasheerstad Milaan en Cortina d'Ampezzo

Dit sal ná die Olimpiese Winterspele van 1956 in Cortina d'Ampezzo en die Olimpiese Winterspele van 2006 in Turyn die derde wees wat in Italië gehou word. In die Italiaanse hoofstad Rome is ook die Olimpiese Somerspele van 1960 beslis.

Die openingseremonie sal in San Siro van Milaan plaasvind, terwyl die sluitingseremonie in die Verona Arena van Verona gehou sal word. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland die eerste en die gasheer Italië die laaste, maar aangesien die plaaslike taal Italiaans is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.

Die Paralimpiese Winterspele 2026 sal tussen 6 en 15 Maart in Milaan en Cortina d'Ampezzo gehou word.

  1. (en) "'Italia! Italia!' IOC awards 2026 Winter Olympics to Milan-Cortina d'Ampezzo". The Washington Post. 24 Junie 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019. Besoek op 30 September 2019.
  2. (en) "Milan-Cortina Wins 2026 Olympic And Paralympic Winter Games Bid". Internasionale Olimpiese Komitee. 24 Junie 2019. Besoek op 30 September 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search